SOE gaan verkryging in Gesondheidsdepartement ondersoek

--:--
Die DA verwelkom die opdrag van president Cyril Ramaphosa dat die Spesiale Ondersoekeenheid bewerings ondersoek van wanadministrasie in die Mpumalanga Departement van Gesondheid. Bosman Grobler, DA-lid van die provinsiale wetgewer, sê die ondersoek sal fokus op verkryging, die kontraktering van risiko-afval-bestuursdienste en bepaal of betalings wat gemaak is aan nasionale tesourie-riglyne voldoen het. Volgens Bosman is dit kommerwekkend dat dit die tweede proklamasie is wat die President binne twee jaar onderteken het.
7 Oct 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Fedsas sê gesondheidsdepartemente en munisipaliteite moet voedselveiligheid monitor

Fedsas sê die instruksies wat deur provinsiale onderwysdepartemente gegee is om die verkoop en verskaffing van voedsel by skole in Limpopo, Gauteng en die Vrystaat op te skort, is ongeldig. Dit is in reaksie op die onlangse voorvalle van voedselvergiftiging weens kos wat hoofsaaklik by spaza-winkels en stalletjies buite skole…
12 Nov 6AM 1 min

Mpumalanga LUR inspekteer skole na storm skade aanrig in Piet Retief

Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Cathy Dlamini, het gister skole besoek in Piet Retief, waar groot skade aangerig is tydens ‘n hewige storm Sondag wat die hele dorp sonder elektrisiteit gelaat het. Piet Retief Gekombineerde Skool het die ergste skade gely, met Ndlela Sekondêre Skool en Hoërskool Piet Retief…
12 Nov 3AM 1 min

Twee wat glo geld kan verdubbel bly in aanhouding in Nelspruit

Twee mans het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn op aanklagte van onder meer bedrog. Bosco Owino en Robert Ssebataazi, burgers van Uganda, is Vrydag aangekeer. Volgens die Valke het hulle hul verhuurder oorreed om sy erfgeld vir hulle te gee, wat hulle dan sou verdubbel. Hulle het glo ook veral…
12 Nov 3AM 1 min

Groot skade in Piet Retief weens erge storm

Munisipale kantore, skole en sakeondernemings in Piet Retief is erg beskadig tydens ‘n donderstorm die naweek. Bome is ontwortel en huise se dakke is afgewaai. Die DA-lid, Irene Brussow, sê hulle simpatiseer met almal wat benadeel is, en bedank almal wat hulp verleen het. Sy doen ‘n beroep op die…
11 Nov 8AM 1 min

Borg geweier vir Sabie-pastoor wat van verkragting aangekla word

Die landdroshof in Sabie het 'n 46-jarige pastoor, wat daarvan aangekla word dat hy 'n 16-jarige lid van sy gemeente verkrag het, borgtog geweier. Die meisie is verlede maand na sy huis, waar hy veronderstel was om vir haar te bid vir genesing van 'n wond, toe hy haar na…
8 Nov 3AM 1 min