Slagoffers genooi om afpersing by polisie aan te meld

Loading player...
Die waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, Generaal-Majoor Zeph Mkhwanazi, doen ‘n beroep op slagoffers van afpersing om nie te skroom om die polisie daaroor te kontak nie. Dit volg na ‘n vrou die week in Kanyamazane haar afpersers by die polisie gaan verkla het. Twee verdagtes is aangekeer. Hulle het reeds in die hof verskyn. Die een is borgtog toegestaan, maar moet op 13 November weer verskyn op ‘n klag van kwaadwillige saakbeskadiging. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê hulle beskou sake van afpersing in ‘n baie ernstige lig.
4 Oct 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min