DA hoop MEGA kry nie beheer oor Nkomazi SEZ nie

Loading player...
Die DA het aan LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Makhosazane Masilela, geskryf om te pleit dat sy nie die Nkomazi Spesiale Ekonomiese Sone as 'n openbare entiteit lys nie, omdat dit onder die beheer van die Mpumalanga Agentskap vir Ekonomiese Groei sal val. Volgens Trudie Grové-Morgan van die DA het die departement die groen lig gekry van die staatsprokureur om die SEZ as 'n filiaal van MEGA te vestig. Sy sê dit sal rampspoedig wees en die DA glo dat die Nkomazi SEZ eerder as 'n openbare entiteit onder die direkte beheer van Masilela en haar departement gelys moet word.
3 Oct 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min