Vier verdagtes vasgetrek weens koperdiefstal by kragstasie

Loading player...
Vier verdagtes wat Maandag aangekeer is weens die diefstal van koperkabels by Tutuka-kragstasie naby Standerton bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning Maandag. Volgens die Valke in Mpumalanga se woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi, het ‘n provinsiale verkeersbeampte by Kinross-weegbrug ‘n Toyota Hilux vol kabels teëgekom het. Die bakkie het weggejaag. Die bestuurder het beheer verloor en die voertuig het omgeslaan. Die drie insittendes is gearresteer en die vierde verdagte is met behulp van hul inligting opgespoor. Dit het hulle ook gelei na ‘n plaas waar ‘n Eskom-vragmotor ‘n besending koperkabels afgelaai het.
3 Oct 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min