Politieke Rapport | Die politici stry, maar SA staan bankvas agter die RNE
--:--
‘n Eenheidsregering wil maar net nie vlot in Gauteng of sy metrorade nie. Liezel de Lange en Dawie Boonzaaier gesels oor die nadraai van Cilliers Brink se verwydering as Tshwane-burgemeester en die rol van Gauteng se omstrede premier, Panyaza Lesufi in die proses. Intussen wys ‘n nuwe peiling die meerderheid Suid-Afrikaners glo in die regering van nasionale eenheid (RNE). Die steun van RNE-partye soos die ANC, DA, IVP en PA groei terwyl die MK-party begin taan en die EFF al hoe meer agteruitboer.