Mpumalanga Premier doen beroep vir sterker maatreëls om MIV te bestry

Loading player...
Die Premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, sê ‘n sterker venootskap is nodig tussen die regering, die burgerlike samelewing en agentskappe om die voorkoms van MIV te bestry. ‘n Onlangse opname deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing het getoon dat die provinsie die hoogste voorskom van MIV het in Suid-Afrika met 17-komma-4-persent. Ndlovu sê die navorsing moet gebruik word op te verseker hulpbronne is ontplooi na waar dit die nodigste is en dat gemeenskappe gemobiliseer moet word om vir MIV te toets en dan antiretrovirale medisyne te gebruik.
2 Oct 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min