DA vra dat Ramaphosa dringend behoud van landbougrond wet maak

Loading player...
Die DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa om dringend die Wetsontwerp op die Behoud en Ontwikkeling van Landbougrond te onderteken. Volgens DA-lid van die provinsiale wetgewer, Tersia Marshall, hang die toekoms van die bedryf en voedselsekerheid in Mpumalanga in die weegskaal, weens grootskaalse gronderosie, besoedeling deur suur mynwater en die indringing van ander aktiwiteite op landbougrond. Marshall sê die tekort aan die afdwing van wetgewing om die omgewing en waterbronne te beskerm, bedreig die provinsie se vermoë om beduidend by te dra tot die land se voedselproduksie.
1 Oct 2024 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min