Oos-Vrystaatse boere kort dringend ramphulp ná vernietigende veldbrande

Loading player...
Donderdag (26/9) het sterk winde aanleiding gegee tot minstens nege groot veldbrande wat duisende hektaar grond in die Memel-, Verkykerskop- en Vrede-gebiede verwoes het. “Plaaslike boere het alles in hul vermoë gedoen om die vure onder beheer te bring, maar hul pogings is bemoeilik deur die gebrekkige brandbestrydingsdienste van die distriksmunisipaliteite,” vertel Jan van Niekerk, leier van die VF Plus in die Vrystaat, in ’n verklaring.
29 Sep 5AM Afrikaans South Africa News · Earth Sciences

Other recent episodes

Pannar Suksesverhaal: Malu-groep plant Pannar vir uitstekende resultate

Die Malu-groep, bekend om sy gehalte-varkvleis, het drie varkplase in die Noord-Kaap en Noordwes waar hy met 45 000 varke boer. Dié boerdery verbou nét Pannar se geelmielies op sy eie besproeiingsgrond van 930 ha, wat 60% van die goeiegehalte-rantsoene vir die varke uitmaak. OFM At Lunch se Pulane Nel-Sekepe…
25 Nov 5AM 3 min

Pannar-suksesverhaal: Pannar se mieliepakket

Pulane Nel-Sekepe gesels met WA de Klerk, besturende direkteur van WA de Klerk-boerdery op die plaas Driefontein, oor hoe Pannar se reeks mielie en sojaboonkultivars die bestendigheid en potensiaal bied om meer te bereik.
21 Oct 6AM 2 min

RPO op pad van vernuwing

Dr. Frikkie Maré, hoof uitvoerende beampte het by die organisasie se kongres tydens NAMPO Afla op NAMPO Park buite Bothaville die organisasie se vernuwing en aanpassing beklemtoon en verwys na die uitdagings wat die rooivleisbedryf en sy produsente ervaar.
18 Oct 4AM 9 min

Agri Noord-Kaap betreur moord op Kuruman-boer

Agri Noord-Kaap het ’n verklaring uitgereik waarin hulle met skok verneem van die moord op een van hul lede in die Agri Kuruman-distrik, Hendrik Venter (81). “Dit is kommerwekkend dat sulke tipe misdaad in die Noord-Kaap begin toeneem,” sê mnr. Joe Scholtz, voorsitter van Landelike Veiligheid by Agri Noord-Kaap.
28 Sep 3AM 2 min