OFM OFM Agri

OFM Agri

Agricultural news stories as compiled by the OFM News team. Read more: https://www.ofm.co.za/Agriculture.
Daily Afrikaans South Africa News · Earth Sciences
330 Episodes
1 – 20

Trek Suid-Afrika voordeel uit die AGOA-handelsooreenkoms?

Die AGOA-handelsooreenkoms, of African Growth and Opportunity Act, wat handel tussen 32 Afrika lande en Amerika bevorder, is in 2015 vir ‘n periode van 10 jaar gesluit en moet hernu word in 2025. Trek landbou in Suid Afrika voordeel uit hierdie handelsooreenkoms en is dit in belang van SA dat…
25 Jul 3AM 3 min

Die invloed van weer op landbou

Uiterste weersomstandighede het die afgelope maand oor die hele Suid-Afrika gestrek. Van uiterste warm omstandighede in Junie tot kouefronte wat behoorlik ingeryg het in Julie wat groot skade berokken het. AgriSA adjunkpresident, Nicol Jansen gesels met OFM se Shandor Potgieter oor hoe die omstandighede die landbousektor raak?
18 Jul 3AM 3 min

Mylpaal word bereik met oprigting van nuwe skottel

Die SKA of Square Kilometre Array (SKA) teleskoop word gebou buite Carnarvon in die Noord Kaap. ‘n Verdere mylpaal is vandeesweek bereik deur die oprigting van die eerste groot middel skottel van die groot netwerk van skottels wat dan die teleskoop vorm. OFM se Shandor Potgieter gesels met Agri SA…
11 Jul 2AM 2 min

Nasionale sierduifskou in Bloemfontein

Johan Gunter het die nasionale duif- en pluimveeskoue wat tans op die gronde van Bloemskou plaasvind besoek. Hy gesels met Hennie Hatting, skousekretaris by die sierduiwe…
27 Jun 11PM 2 min

Waardevolle lesse uit Turkye kan produsente moontlik groot steun bied

Terwyl die afgelope somer seisoen se laer produksie syfers landbou produsente knou vanweë die droëer El Nino weerpatrone, kan waardevolle lesse geleer word in Turkye met hul tydelike verbod op koring invoere. Hoe bring jy die twee gebeure by mekaar? AgriSA adjunkpresident, Nicol Jansen gesels met OFM se Shandor Potgieter hieroor…
27 Jun 5AM 3 min

Groot opwinding oor opening van nuwe landbou kollege

Tersiêre Landbou opleiding is soos in elke beroepsrigting, uiters belangrik vir effektiewe toetrede tot die sektor. Omdat Landbou baie prakties van aard is, is Landbou kolleges ‘n belangrike opleidings instansie en is daar net ‘n handjie vol funksionele staatsondersteunde kolleges oor van die eertydse glorieryke landbou kollege era. Dis is…
20 Jun 3AM 4 min

Wisselvalligheid van weer uitdagend vir boerdery

Met die gebruik van hedendaagse Boerdery tegnieke, praktyke en landbou kennis speel die weersomstandighede die grootste rol vir boerdery sukses. Maar hoe wisselvallig en uitdagend is die weer nou regtig deesdae en hoe ervaar die boere die huidige weer patrone?Agri SA adjunkpresident, Nicol Jansen, gee ‘n oorsig.
13 Jun 2AM 4 min

Saai dagvaar polisie oor geen optrede

Landbou-organisasie, Saai, het die polisie gedagvaar vir skade wat 'n Limpopo-boer weens betreding gely het. Direksie voorsitter, dr. Theo de Jager, sê Solly Letsoala se klag, wat in September 2023 aanhangig gemaak is, het geen optrede ontvang nie.
6 Jun 11AM 1 min

Groot onsekerheid rondom Eskom se voorgestelde tariewe

Eskom het ‘n prys herstrukturering aansoek gebring aan NERSA wat in beginsel daarop geskoei is om meer koste reflekterende tariewe in te stel met die oog op ontbondeling van Eskom in 3 dele noemlik opwekking, transmissie, en verspreiding. Die impak daarvan is aansienlike hoer tariewe aan vaste maandelikse koste ongeag…
6 Jun 2AM 4 min

Hoe behoort 'n nuwe regering die landbousektor te raak?

Die verkiesing is agter die rug en alle fokus is op die uitslag van die verkiesing soos die stemme getel word en op die amptelike telbord verskyn by die verkiesing uitslag sentrum. Hoe berei die landbou sektor voor vir die nuwe regering en hoe raak dit die landbou sektor?Agri SA adjunkpresident, Nicol…
30 May 5AM 2 min

Besproeiingstoestande in Sentraal-SA

Ná ‘n suksesvolle NAMPO 2024 is dit huiswaarts vir boere. Nou ons is bewus dat die somersaai boere erg geraak word deur die midsomer droogte van Februarie en Maart, maar hoe gaan dit met die besproeiingsektor in Sentraal-Suid-Afrika waar die damme mooi vol is en die riviere die water voorsien?…
23 May 2AM 4 min

John Steenhuisen besoek NAMPO Oesdag

Gegewe die feit dat daar al vir die afgelope 15 jaar beleidsonsekerheid, uitdagings met infrastruktuur en hoë insetkoste bly die landbousektor innoverend en veerkragtig. Die federale leier van die Demokratiese Alliansie, John Steenhuisen het gister NAMPO Oesdag besoek en meen boere gee die land hoop as mens kyk hoe hulle…
15 May 7AM 2 min

Die stand van die varsproduktemark

Varsprodukte markte reg oor Suid Afrika het oor al die jare die geleentheid gebied om produsente en aankopers van vrugte en groente byeen te bring waar vraag en aanbod die ware prys van die produkte kon bepaal. Vandag lyk dit of die behoefte steeds daarvoor bestaan maar dat ander faktore…
9 May 12AM 3 min

Hoe kan landelike gemeenskappe beter veiligheid verseker?

Vandag val die fokus op landelike veiligheid. Instrumenteel tot beveiliging van landelike gebiede is proaktiewe optrede deur monitering. Dis hier waar die Agri Securitas Trust Fonds ‘n reuse rol speel vir ‘n veiliger samelewing. Agri SA adjunk-president Nicol Jansen, vertel meer die Agri Securitas Trust Fonds en hoe dit help…
25 Apr 11PM 4 min

Nuwe produksierisiko by soja

Vandag gesels ons bietjie oor sojaboonproduksie. Boere is tans besig om sojaboontjies te stroop en vanjaar kom ‘n verskynsel voor wat die kwaliteit van die oes beïnvloed, wat eintlik ongekend is. Boere het eintlik nog nooit dit as ‘n produksierisiko identifiseer by die beoordeling van die besluit op gewaskeuse nie…
18 Apr 2AM 4 min
1 – 20