Liggame van vermiste mans in Louw's Creek ontdek

Loading player...
Die liggame van twee mans is Vrydag in 'n bergagtige area van Louw's Creek buite Mbombela herwin. Die mans, van onderskeidelik 42 en 56 jaar oud, is Dinsdag as vermis aangemeld. Hulle is Donderdag deur beamptes in 'n polisiehelikopter opgemerk, maar die SAPD kon slegs die volgende dag hul liggame in die onherbergsame area met behulp van motorfietse herwin. Die waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, Generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het 'n veewagter en sy hond uitgesonder vir hul hulp in die soektog. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê die omstandighede rondom die mans se dood word ondersoek.
23 Sep 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min