Mpumalanga-man lewenslange tronkstraf opgelê weens moord op sy ma, wat hy van heksery beskuldig het

Loading player...
‘n Man is vandag lewenslange tronkstraf met ‘n addisionele vyf jaar opgelê deur die Mpumalanga Hooggeregshof vir die moord in 2022 in Nsikazi op sy 64-jarige ma. Die 33-jarige Bongani Thulani Matsane het Thembi Ngwenya van heksery teen hom beskuldig. Hy het haar met ‘n skoffel aangerand en uiteindelik op haar bed aan die brand gesteek. Die hof het bevind sy skulderkenning was nie tekenend van enige berou oor sy dade nie.
20 Sep 2024 10AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min