DA sidder oor onvoltooide infrastruktuurprojekte

Loading player...
Die DA doen ‘n beroep op die Mpumalanga Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer om die skuld en verantwoordelikheid te neem vir al die onvolledige en vertraagde infrastruktuurprojekte regoor die provinsie. Tydens 'n ministeriële inligtingsessie aan lede van die Nasionale Raad van Provinsies is dit onthul dat daar tans 26 infrastruktuurprojekte is wat óf onvolledig óf vertraag is in Mpumalanga weens swak prestasie van kontrakteurs, geen of laat betaling van kontrakteurs, onvoldoende begroting en ontwrigting deur sakeforums. Teboho Sekaledi ‘n DA-lid van die Mpumalanga-wetgewer, sê dit sluit in skole, hospitale, paaie en die Parlementêre Dorpie.
19 Sep 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min