Polisie soek na twee vermiste mans in Low's Creek

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga is besig met 'n soek-en-red-operasie in Low's Creek buite Mbombela, na twee mans van Pienaar eergister as vermis aangemeld is. Volgens die polisie vermoed hulle die mans is op 'n uitstappie die berge in, en hulle is nie weer gesien nie. 'n Polisiehelikopter sal vandag in die area ontplooi word om na hulle te help soek in die onherbergsame terrein. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, moedig lede van die publiek aan om na vore te kom met enige inligting.
19 Sep 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min