Donderdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

--:--
GENESIS 41
Josef lê die farao se drome uit
1Twee jaar later het die farao 'n droom gehad. Hy het gedroom hy staan langs die Nyl. 2Uit die rivier kom daar toe sewe mooi vet koeie uit en hulle gaan wei in die vleigras. 3Ná hulle kom daar toe sewe ander koeie uit die rivier uit. Hulle was lelik en maer en het langs die ander koeie op die rivierwal gaan staan. 4Toe vreet die lelike maer koeie die sewe mooi vettes op.
Daarna het die farao wakker geskrik.
5Hy het weer aan die slaap geraak en weer gedroom. Hy het gesien hoe sewe mooi vol are opskiet aan een stingel. 6Ná hulle kom daar toe sewe skraal are uit wat verskroei is deur die oostewind. 7Die skraal are sluk toe die sewe vol vet are in. Daarna het die farao wakker geskrik, en hy het besef hy het gedroom.
12 Sep 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

HANDELINGE 16 26Skielik kom daar 'n groot aardbewing wat die fondamente van die tronk geskud het. Al die deure van die tronk het onmiddellik oopgegaan, en al die gevangenes se boeie het losgeraak.
14 Oct 2AM 16 min

Sondagaand Erediens - Past Buks van Staden

JOHANNES 16 7Tog sê Ek vir julle die waarheid: Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Voorspraak, die Heilige Gees, nie na julle toe kom nie; maar as Ek gaan, sal Ek Hom na julle toe stuur.
13 Oct 1PM 25 min

Sondagoggend Erediens - Past Buks van Staden

2 KONINGS 19 14Hiskia het die briewe wat die gesante gebring het, gevat en gelees. Daarna het hy na die huis van die Here toe gegaan en die briewe voor die Here oopgesprei. 15Toe het hy tot die Here gebid: “Here, God van Israel, U wat oor die gerubs troon,…
13 Oct 3AM 30 min

Saterdag Oggenddiens - Past Buks van Staden

MARKUS 4 38Jesus het op die bank in die agterstewe gelê en slaap. Hulle maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?”
12 Oct 2AM 19 min