Maandag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

Loading player...
GENESIS 37
Josef en sy drome
1Jakob het in Kanaän gebly, die land waar sy voorvaders ook as vreemdelinge gebly het. 2Hier volg die familiegeskiedenis van Jakob.
Josef was nog jonk, sewentien, toe hy kleinvee opgepas het saam met sy broers, die seuns van Bilha en Silpa, sy pa se vrouens. Josef het slegte stories oor sy broers by hulle pa aangedra.
3Van al sy seuns was Israel die liefste vir Josef, die seun wat in sy ouderdom gebore is, en daarom het hy vir Josef lang klere met moue gemaak. 4Toe sy broers sien dat hulle pa vir Josef liewer het as vir enige van hulle, het hulle 'n afkeer van Josef gekry en het hulle niks goeds oor hom gesê nie.
9 Sep 2024 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagoggend Erediens - Dr Enrico Casaleggio

MATTHÉÜS 14 Die onthoofding van Johannes die Doper. (Mk. 6:14-29; Lk. 3:19,20; 9:7-9.) 1EN in daardie tyd het Herodes, die viervors, die gerug van Jesus gehoor 2en aan sy knegte gesê: Hierdie man is Johannes die Doper. Hy het uit die dode opgestaan, en daarom werk dié kragte in hom…
13 Jul 3AM 25 min

Saterdag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

LUKAS 7 Die seun van die weduwee van Nain. 11EN die dag daarna was Hy op weg na 'n stad met die naam van Nain; en baie van sy dissipels en 'n groot menigte het saam met Hom gegaan. 12En toe Hy naby die poort van die stad kom, word…
12 Jul 2AM 18 min

Vrydag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

JOHANNES 3 Nog 'n getuienis van Johannes die Doper. 22HIERNA het Jesus en sy dissipels na die land van Judéa gegaan, en Hy het daar met hulle vertoef en gedoop. 23En Johannes was ook besig om te doop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was. En die mense…
11 Jul 2AM 10 min

Donderdag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

JOHANNES 1 29Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem! 30 Dit is Hy van wie ek gesê het: Ná my kom 'n man wat voor my geword het, want Hy was…
10 Jul 2AM 14 min

Woensdag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

LUKAS 3 Prediking van Johannes die Doper. (Mt. 3:1-12 en ooreenk. pl.) 1EN in die vyftiende jaar van die regering van keiser Tibérius, toe Pontius Pilatus goewerneur was van Judéa en Herodes viervors van Galiléa, en Filippus, sy broer, viervors van Ituréa en die land Trachonítus, en Lisánias viervors van…
9 Jul 2AM 15 min