Sondagoggend Erediens - Ds Johan Marais

Loading player...
MARKUS 2

Jesus roep vir Levi, die tollenaar
(Matt. 9:9-13; Luk. 5:27-32)
13Jesus het weer na die see toe gegaan. 'n Hele menigte mense het na Hom toe gekom, en Hy het hulle geleer. 14Toe Hy by die tolhuis verbygaan, sien Hy vir Levi seun van Alfeus daar sit, en Hy sê vir hom: “Volg My!”
Levi het opgestaan en Hom gevolg.
15Daarna het Jesus in Levi se huis gaan eet. Baie tollenaars en sondaars was saam met Hom en sy dissipels aan tafel, want daar was baie van hulle wat Hom gereeld gevolg het. 16Toe die skrifgeleerdes onder die Fariseërs sien dat Hy saam met sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gesê: “Waarom eet hy saam met tollenaars en sondaars?”
17Jesus het dit gehoor en Hy sê vir hulle: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.”
8 Sep 3AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Saterdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

LUKAS 2 Símeon en Anna. 25EN daar was 'n man in Jerusalem met die naam van Símeon; en hierdie man was regverdig en vroom en het die vertroosting van Israel verwag, en die Heilige Gees was op hom. 26En aan hom was dit deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy…
21 Dec 1AM 22 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

MATTHÉÜS 2 Die wyse manne uit die Ooste. 1EN toe Jesus te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom 2en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster…
20 Dec 1AM 19 min

Donderdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

MATTHÉÜS 2 9En nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek. En kyk, die ster wat hulle in die Ooste gesien het, gaan voor hulle uit totdat hy kom en bly staan bo-oor die plek waar die Kindjie was. 10En toe hulle die ster sien, het hulle hul met…
19 Dec 1AM 21 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

MATTHÉÜS 1 Geboorte van Jesus Christus. 18 DIE geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees. 19En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak,…
18 Dec 1AM 19 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

LUKAS 1 Die geboorte van Jesus aangekondig. 26EN in die sesde maand is die engel Gabriël deur God gestuur na 'n stad in Galiléa met die naam van Násaret, 27na 'n maagd wat verloof was aan 'n man met die naam van Josef, uit die huis van Dawid; en die…
17 Dec 1AM 20 min