DA eis aksie oor toenemende verkragting

Loading player...
Die DA in Mpumalanga is bekommerd oor die steeds toenemende gevalle van verkragting in die provinsie. Teboho Sekaledi van die DA sê Kabokweni, Pienaar en Piet Retief tel onder die 30 polisiestasies in die land waar die meeste verkragtingsake tussen April en Junie aangemeld is – volgens die jongste misdaadstatistieke wat verlede week vrygestel is. Hy sê in Kabokweni is dubbeld soveel gevalle vanjaar aangemeld as in dieselfde periode vier jaar gelede en in Piet Refief drie keer meer gevalle.
2 Sep 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min