Antwoorde geëis na Huntington Lodge in Sabie afbrand

Loading player...
Die DA eis antwoorde van Thaba Chweu-munisipaliteit oor hoekom daar geen reaksie van brandbestryders en plaaslike rampbestuurhoofde was toe 'n 100 jaar oue historiese gebou Dinsdagaand in Sabie afgebrand het nie. Volgens Sonja Boshoff van die DA is Huntington Lodge ‘n geskiedkundige gebou, maar kon die gemeenskap se pogings om die brand te blus nie slaag sonder die plaaslike ramp-reaksiesentrum nie – aangesien die hoofde nie hul fone geantwoord het nie.
30 Aug 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min