Verkragter tot lewenslank gevonnis in Witbank

Loading player...
Die Nasionale Vervolgingsgesag het die lewenslange vonnis verwelkom wat die eMalahleni-streekhof 'n 49-jarige man opgelê het vir die verkragting van 'n 14-jarige meisie. Sy is in November 2014 deur 'n onbekende persoon aangeval terwyl sy na haar tante se huis in Klarinet gestap het. Die polisie-ondersoek het gelei tot die arrestasie van Patrick Nyaisi Mtsweni in 2023 nadat DNS hom met die oortreding verbind het. Die woordvoerder van die NVG in Mpumalanga, Monica Nyuswa, sê Mtsweni het skuldig gepleit.
29 Aug 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min