Ondersoek na ontdekking van vrou se liggaam in Kwaggafontein

--:--
Die waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het die gru-moord op ‘n ongeïdentifiseerde vrou ten sterkste veroordeel. Haar ligaam is gister naby die R573 buite Kwaggafontein ontdek. Volgens die polisie is van haar liggaamsdele verwyder. Die omstandighede rondom haar moord word ondersoek. Niemand is nog aangekeer nie. Enigiemand met inligting is gevra om die polisie te kontak.
28 Aug 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Mpumalanga Premier onderneem om matriekslaagsyfer te verbeter

Die Premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, sê die provinsiale regering is vasbeslote om vanjaar die matriekslaagsyfer te verbeter. Hy het gepraat tydens ‘n vergadering met die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, en haar adjunkminister, Reginah Mhaule, wat vandag met die provinsiale regering vergader om sleutelkwessies in die provinsie se…
22 Jan 9AM 1 min

LUR beloof nuwe skool vir Naas

Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê onderrig sal vandag hervat by Siboshwa Primary, na dit die afgelope week ontwrig is deur gemeenskapslede. Inwoners van Naas in Nkomazi het onder meer ingange na die area afgesper om aan te dring dat ‘n nuwe skool gebou word. Die LUR vir onderwys, Cathy Dlamini, het…
22 Jan 4AM 1 min

Vakbonde onderhandel saam om Panorama-toerisme-aantreklikhede te heropen

Toeriste-aantreklikhede op die Laeveld se Panorama-roete was steeds gesluit vandag, te midde van ‘n voortslepende staking deur werknemers van die Mpumalanga Agentskap vir Parke en Toerisme (MTPA). Vakbonde het intussen tot die onderhandelinge toegetree, na die sakekamer gedreig het om kriminele sake van industriёle sabotasie te lê. Linda Grimbeek van…
21 Jan 7AM 3 min

DA kla oor onvoldoende ondersteuning aan dowe matrieks

Die DA in Mpumalanga sal dringend aan die LUR van Onderwys, Cathy Dlamini, skryf en haar vra om skole wat voorsiening maak vir leerders met spesiale behoeftes te prioritiseer. Dit nadat dit aan die lig gekom het dat al 15 dowe leerders wat hul matriekeksamen in 2024 by Bukhosibetfu Koshuis…
21 Jan 6AM 1 min

Vermeende stroper na vermoede deur seekoei gedood in Krugerwildtuin

Die bestuur van die Krugerwildtuin het die ontdekking bevestig van die lyk, vermoedelik dié van 'n stroper, wat in 'n toeristepad in die Pretoriuskop-gedeelte agtergelaat is. Volgens die woordvoerder, Ike Phaahla, blyk dit dat daar drie individue was wat die park snags onwettig binnegekom het met die doel om misdaad…
20 Jan 8AM 1 min