Brandslagoffer sterf in Mpumalanga hospitaal

Loading player...
Die man wat verlede Dinsdag glo sy 23-jarige vriendin aan die brand gesteek het, het gister weer in die Carolina-landdroshof verskyn. Volgens die polisie in Mpumalanga het Innocent Sthembiso Maseko 'n vlambare vloeistof oor haar gegooi en dit aan die brand gesteek. Die slagoffer is deur bure gered. Sy is gister weens haar beserings dood. Die saak teen die die 34-jarige verdagte is tot 4 September uitgestel vir 'n formele borgaansoek. Hy bly in aanhouding.
27 Aug 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min