Man wat vriendin aan die brand steek verskyn vandag in Carolina-hof

Loading player...
'n Man verskyn vandag in die Carolina-hof op 'n aanklag van poging tot moord na hy glo sy 22-jarige vriendin aan die brand gesteek het. Volgens die polisie in Mpumalanga het die voorval vroeg Dinsdagoggend plaasgevind. Die man het 'n vlambare vloeistof oor haar gegooi en aan die brand gesteek. Die slagoffer is deur bure gered en veg tans vir haar lewe in die hospitaal. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli is die 34-jarige verdagte dieselfde dag aangekeer.
22 Aug 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min