‘Suid-Afrika se RNE moet afsien van vernietigende arbeidsregulasies, en strukturele werkloosheid beveg’

Loading player...
Die Vryemarkstigting het ’n beroep op die nuwe regering van nasionale eenheid (RNE) gedoen om af te sien van vernietigende arbeidsregulasies en om hindernisse te verlaag vir toetrede tot die Suid-Afrikaanse arbeidsmag. Dr. Morné Malan van die Vryemarkstigting het met OFM se nuusredakteur hieroor gesels nadat die nuus bekend geword het dat die land se werkloosheidsyfer in die tweede kwartaal van 2024 tot 33,5% gestyg het vanaf 32,9% in die eerste kwartaal.
16 Aug 2024 7AM English South Africa Business · Daily News

Other recent episodes

Het jy beheer oor jou geldsake?

Everest Wealth verstaan dat ’n mens se finansiële toekoms van die uiterste belang is. Hierdie privaat beleggings- en welvaartbestuursmaatskappy spesialiseer in alternatiewe beleggings wat spesifiek ontwerp word om aan die unieke behoeftes van kieskeurige kliënte te voldoen. Met ’n bewese rekord van sterk opbrengste, plaas hulle deursigtigheid en kliëntetevredenheid altyd…
26 Jun 10AM 7 min

Mafube-landboudorpie in finale fases van ontwikkeling

’n Landboudorpie, wat boere in Mafube en omliggende distrikte verder by produkontwikkeling in die waardeketting wil betrek, is in die finale fases van beplanning. Quintin Antunes, voorsitter van die distrikslandbou-unie, sê aan die OFM Sakeuur dat die dorpie omgewingsvolhoubaar en sonkragaangedrewe sal wees. Dit is daarop gemik om boere in…
30 May 8AM 6 min