
DA maak alarm oor mediese eise in Mpumalanga
--:--
Die DA in Mpumalanga wil hê die LUR vir Gesondheid, Sasekani Manzini, moet sorg dat dissiplinêre stappe gedoen word teen gesondheidswerkers wat die departement aanhoudend blootstel aan mediese nalatigheid-eise. Die party se woordvoerder vir gesondheid in die provinsie, Bosman Grobler, sê hierdie eise het opgehoop tot 9-miljard-Rand. Volgens Grobler groei die eise jaarliks met slegs 29-miljoen wat in die vierde kwartaal van 2023/24 geskik is.