‘Dit waarop jy fokus oorweldig jou’
Loading player...
In die tyd waarin ons leef en die realiteite om ons, kan mens nie ontkennend wees teenoor die negatiewe en uitdagende omstandighede en gebeure wat ons lewens beïnvloed nie, maar tog gebeur daar ook positiewe verwikkelinge wat tog nuwe hoop laat opvlam. Vandag gesels OFM se Shandor Potgieter en adjunkpresident van Agri SA, Nicol Jansen, bietjie oor die positiewe verwikkelinge wat in die nuus rapporteer word.