DA eis optrede weens hoë werkloosheidkoers onder Mpumalanga jeug

Loading player...
Die DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op die provinsiale regering om drastiese stappe te neem om die hoë werkloosheidskoers onder die jeug in die provinsie aan te spreek. Volgens Trudie Grové-Morgan is die 46,4-persent een van die hoogste in die land. Sy sê samewerking tussen die private sektor en regering is nodig om die krisis te takel. Sy wys daarop dat 58-duisend werksgeleendthede in die eerste twee kwartale verlore gegaan het in Mpumalanga, wat bydrae tot die uitgebreide werkloosheidsyfer wat aandui dat mense ophou werk soek het.
14 Aug 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min