Veldwagter deur buffel beseer in Kruger

Network error while loading playlist url
'n Veldwagter is gister in die Pretoriuskop-gedeelte van die Krugerwildtuin deur 'n buffel beseer. Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, sê hy is ernstig beseer tydens 'n patrollie. Hy ontvang tans mediese behandeling. Sy kollega het die buffel doodgeskiet.
14 Aug 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Vakbonde onderhandel saam om Panorama-toerisme-aantreklikhede te heropen

Toeriste-aantreklikhede op die Laeveld se Panorama-roete was steeds gesluit vandag, te midde van ‘n voortslepende staking deur werknemers van die Mpumalanga Agentskap vir Parke en Toerisme (MTPA). Vakbonde het intussen tot die onderhandelinge toegetree, na die sakekamer gedreig het om kriminele sake van industriёle sabotasie te lê. Linda Grimbeek van…
21 Jan 7AM 3 min

DA kla oor onvoldoende ondersteuning aan dowe matrieks

Die DA in Mpumalanga sal dringend aan die LUR van Onderwys, Cathy Dlamini, skryf en haar vra om skole wat voorsiening maak vir leerders met spesiale behoeftes te prioritiseer. Dit nadat dit aan die lig gekom het dat al 15 dowe leerders wat hul matriekeksamen in 2024 by Bukhosibetfu Koshuis…
21 Jan 6AM 1 min

Vermeende stroper na vermoede deur seekoei gedood in Krugerwildtuin

Die bestuur van die Krugerwildtuin het die ontdekking bevestig van die lyk, vermoedelik dié van 'n stroper, wat in 'n toeristepad in die Pretoriuskop-gedeelte agtergelaat is. Volgens die woordvoerder, Ike Phaahla, blyk dit dat daar drie individue was wat die park snags onwettig binnegekom het met die doel om misdaad…
20 Jan 8AM 1 min

Paaie in Krugerwildtuin heropen na reën

Die meeste van die grondpaaie in die Krugerwildtuin is heropen namate die weerstoestande verbeter het. Volgens die woordvoerder, Ike Phaahla, is die hoofpad tussen Skukuza en Onder Sabie gedeeltelik weggespoel en kan dit via Tshokwane bereik word. In Tshokwane is alle grondpaaie oop, buiten die S33. Die Sand en Sabie…
17 Jan 4AM 1 min

Vyf gearresteer na moord op polisiebevelvoerder in Ermelo

Die Mpumalanga polisie het binne 24 uur van sy dood vyf verdagtes aangekeer in verband met die moord gistermiddag op Luitenant-Kolonel Piet Pretorius in Ermelo. Volgens die polisiewoordvoerder, Luitenant-Kolonel Jabu Ndubane, is hulle is Nelspruit aangekeer. Die 59-jarige bevelvoerder in die voertuig identifiserings-eenheid was aan diens toe hy verskeie kere…
17 Jan 3AM 1 min