Vrydag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

--:--
DIE OPENBARING 4

6Voor die troon was dit soos 'n spieëlgladde see, helder soos kristal.
Naby, rondom die troon, was daar vier lewende wesens, vol oë van voor en van agter. 7Die eerste lewende wese het soos 'n leeu gelyk en die tweede soos 'n bul; die derde het 'n gesig soos dié van 'n mens gehad en die vierde het gelyk soos 'n arend wat vlieg. 8Elkeen van die vier lewende wesens het ses vlerke gehad, wat aan die bokant en aan die onderkant vol oë was. Hulle het dag en nag sonder om te rus, gesê:
“Heilig, heilig, heilig
is die Here God, die Almagtige,
Hy wat was en wat is en wat kom.”
9Elke keer wanneer die lewende wesens heerlikheid, eer en dank toebring aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe, 10kniel die vier en twintig ouderlinge voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe. Hulle sit dan hulle krone voor die troon neer en sê:
11“Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het;
deur u wil het alles ontstaan en is dit geskep.”
9 Aug 2024 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Donderdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

MARKUS 6 31En Hy sê vir hulle: Kom julle self in die eensaamheid na 'n verlate plek en rus 'n bietjie. Want daar was baie wat kom en gaan, en hulle het selfs geen geskikte tyd gehad om te eet nie.
23 Jan 1AM 17 min

Woensdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

ROMEINE 12 Toewyding aan God. Ootmoed en getrouheid in die gebruik van sy gawes. 1EK vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer — dit is julle redelike godsdiens.
22 Jan 1AM 20 min

Dinsdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

LUKAS 18 Gelykenis van die onregverdige regter. 1EN Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel met die oog daarop dat 'n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,
21 Jan 1AM 15 min

Maandag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

JOHANNES 8 31En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. 32En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
20 Jan 1AM 16 min