Mbombela toets Barberton se water na gerugte

Loading player...
Mbombela-munisipaliteit sê hulle toets tans die water in Barberton na gerugte versprei het dat dit moontlik besmet is met die bakterieë wat cholera kan veroorsaak. Monsters is verlede week geneem om die veiligheid van die water te bepaal, en hulle wag tans op die laboratorium-uitslae. Mbombela ontken egter gerugte dat die chemikalieë wat hulle gebruik om water te suiwer, verval het. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, sê meer inligting sal verskaf word sodra die toetsuitslae bekend is.
7 Aug 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min