Mkhondo-munisipaliteit sonder SB, HFB

Loading player...
Die DA in Mkhondo het ‘n beroep gedoen op die burgemeester, Ngelosi Ndhlovu, om dringend ‘n munisipale bestuurder en hoof finansiële beampte aan te stel. Dit volg na die termyne van die vorige twee op 31 Julie verstryk het, en die munisipaliteit geen stappe geneem het om die posisies te vul nie. Die DA-raadslid, Irene Brussow, sê gevolglik het dienslewering tot ‘n stilstand gekom. Sy sê die munisipaliteit kon ten minste toestemming gevra het om die termyne van die twee amptenare, wat waargeneem het in die poste, te verleng.
6 Aug 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min