Man skiet glo vrou, homself, in Kabokweni
--:--
Die waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het sy hartseer uitgespreek na ‘n man sy vrou en daarna homself vroeg vanoggend in Kabokweni buite Witrivier doodgeskiet het. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê hulle hou môre ‘n dag van gebed in Ermelo as deel van hul Vrouemaand-aktiwiteite. Die provinsiale polisie sal met geloofsorganisasies hande neem om teen misdaad sowel as geweld teen vroue en teen kinders te bid.