Dodetal styg tot ses in botsing tussen skoolbus en trein

Loading player...
Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Jackie Macie, en die adjunkminister van Vervoer, Mkhuleko Hlengwa, besoek vandag die toneel waar ses skoliere gister hul lewens verloor het toe hul bus met 'n trein gebots het. Die ongeluk het by Mafube plaasgevind toe die bus glo die spoorlyn oorgesteek het. Die Minister of Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, en LUR, Cathy Dlamini, besoek vanoggend die skool en die slagoffers se gesinne. Die provinsiale Departement van Gemeenskapsveiligheid se woordvoerder, Mmusi Moeti, sê daar was sowat 30 kinders op die bus.
1 Aug 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min