Boekkeuse - 30 Julie 24

--:--
In hierdie aflewering van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder:
Onrus op Steynshoop, jongste roman van die veel bekroonde skrywer, Ingrid Winterbach, word deur Joan Hambidge bespreek. Ons verwelkom twee ateljeegaste, die digter en dramaturg, Pieter Odendaal, en die literator en akademikus, prof. Karen de Wet. Pieter Odendaal gesels oor sy werk in beide die digkuns en drama genres en lees ‘n aantal gedigte voor. Prof. Karen de Wet is as hoofredakteur van die Hertzog-pryswennersreeks aangestel. Die vyftiende publikasie, ‘n Huldiging – Karel Schoeman – Stiltes en stemme onder die redakteurskap van Willie Burger het onlangs by Naledi verskyn. Die Ses Woorde van die Sigeuner, is uit Grieks vertaal deur Louise Cilliers. Hierdie bundel is die eerste Afrikaanse vertaling van ses gedigte van ‘n liriese epos van Kostis Palamas (1859 – 1943). Joan Hambidge is beïndruk deur die klankgevoeligheid van die vertaling. ‘n Nuwe stem is Henda Olivier met haar debuut roman, Onder water. Joan Hambidge bied haar indrukke daarvan aan. Twee belangrike biografieë oor teater legendes, Franz Marx en Marius Weyers, is deur Chris Vorster geskryf. Vorster laat die sepiekoning wyle Franz Marx onbevange praat in sy biografie – Franz Marx: Uit die perd se bek. Marius Weyers, is ‘n fassinerende portret van die kernfiguur in teater-, TV- en rolprentkringe. Amanda Botha bied haar indrukke daarvan aan.
30 Jul Afrikaans South Africa Arts · Books

Other recent episodes

Boekeuse - 28 Augustus 24

In hierdie aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met, Amanda Botha as aanbieder: Dis vir ons 'n groot voorreg om vir Zenobia Kloppers, bekende aktrise, skrywer en sanger as ons ateljeegas te verwelkom. Sy gesels met Otto van der Walt oor Oerlied, 'n liedboek wat sy…
28 Aug 56 min

Boekkeuse - 14 Augustus 24

In hierdie aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder: ‘n Digbundel van besondere belang, Joan Hambidge bespreek Ek en jy bestaan nie deur Danie Marais. As ateljeegas, gesels Bettina Wyngaard oor haar bundel Wat sê Bettina? en sê sy weer haar sê…
14 Aug 45 min

Boekkeuse - 16 Julie 24

n hierdie propvol aflewering van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder, verwelkom ons twee ateljeegaste, A M Holder, ‘n jeugboekskrywer wat met haar debuut, Samboksalf en ‘n draaktraan, groot belofte toon, en die digter Martina Klopper wat haar tweede bundel, Kuborg, bekend stel…
16 Jul 55 min

Boekkeuse - 02 Julie 24

In hierdie aflewering van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder, verwelkom ons drie ateljeegaste en bespreek drie boeke met uiteenlopende temas. Medewerker en kollega, Riette Rust, praat, as skrywer, oor haar eie boek, Die geskenk. Anschen Conradie is Riette Rust se ateljeegas en…
2 Jul 57 min

Boekkeuse - 04 Junie 2024

Hierdie aanbieding van Boekkeuse onder regie van Amanda Botha, is in sy geheel gewy aan skrywers wat in Kaapse Afrikaans of AfriKaaps hulle sonderlinge stories en ervarings met ons deel. Ons verwelkom Nathan Trantraal wat gesels oor sy grafiese roman, Die man wattie kinners vang, en met sy ma, Charmaine…
4 Jun 58 min