Boekeuse - 28 Augustus 24

--:--
In hierdie aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met, Amanda Botha as aanbieder:
Dis vir ons 'n groot voorreg om vir Zenobia Kloppers, bekende aktrise, skrywer en sanger as ons ateljeegas te verwelkom. Sy gesels met Otto van der Walt oor Oerlied, 'n liedboek wat sy en Monique Seigels saamgestel het. Ons fokus op die digterskap van Johann de Lange. Joan Hambidge lees enkele verse uit sy jongste bundel, Miniatuur, voor. Saam daarmee bied ons in De Lange se woorde die konteks aan waarin hy die gedigte geskep het. Brenda Barlow bespreek Theresa Papenfus se memoire, Sing, Mamma, sing’. Hierby sluit Antoinette Coetzee se bespreking van Rooiletterdag deur Sandy Schoeman aan. In Nathan Trantraal se grafiese roman, Die man wattie kinners vang, bespreek Hadley Titus die sielkundige effek van reeksmooordenaars van jong bruin seuns. Ons fokus ook op jeug- en kinderboeke. Ineke Slabbert bespreek Cecilia Steyn se jeugromans, Saterdag val ek vir jou en Sondag steel jy my hart. In ons Kinderboek bespreking bring ons vyf nuwe titels van Jaco Jacobs onder die aandag – drie eie stories en twee vertalings - en stel ook Marga Jonker se maltrap avontuur, Die spinnebotte slaan toe, bekend, asook Peti Troskie se Luna skitterster word gered. Twee nie-fiksie titels, Heléne Booyens se Aktiwiteit boek, Soogdier-Safari, en die Beste raaiselboek deur Heidri Mittendorf kom ook aan die bod. Hierdie uitgawe van Boekkeuse staan ons 'n oomblik stil om die lewe van Abraham H de Vries, die kortverhaal meester wat Vrydag in die ouderdom van 87 jaar in Kaapstad oorlede is, te betrag. Ons bied Joan Hambidge se gedig, Nabaat, aan as huldeblyk.
28 Aug Afrikaans South Africa Arts · Books

Other recent episodes

Boekkeuse - 14 Augustus 24

In hierdie aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder: ‘n Digbundel van besondere belang, Joan Hambidge bespreek Ek en jy bestaan nie deur Danie Marais. As ateljeegas, gesels Bettina Wyngaard oor haar bundel Wat sê Bettina? en sê sy weer haar sê…
14 Aug 45 min

Boekkeuse - 30 Julie 24

In hierdie aflewering van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder: Onrus op Steynshoop, jongste roman van die veel bekroonde skrywer, Ingrid Winterbach, word deur Joan Hambidge bespreek. Ons verwelkom twee ateljeegaste, die digter en dramaturg, Pieter Odendaal, en die literator en akademikus, prof…
30 Jul 56 min

Boekkeuse - 16 Julie 24

n hierdie propvol aflewering van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder, verwelkom ons twee ateljeegaste, A M Holder, ‘n jeugboekskrywer wat met haar debuut, Samboksalf en ‘n draaktraan, groot belofte toon, en die digter Martina Klopper wat haar tweede bundel, Kuborg, bekend stel…
16 Jul 55 min

Boekkeuse - 02 Julie 24

In hierdie aflewering van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder, verwelkom ons drie ateljeegaste en bespreek drie boeke met uiteenlopende temas. Medewerker en kollega, Riette Rust, praat, as skrywer, oor haar eie boek, Die geskenk. Anschen Conradie is Riette Rust se ateljeegas en…
2 Jul 57 min

Boekkeuse - 04 Junie 2024

Hierdie aanbieding van Boekkeuse onder regie van Amanda Botha, is in sy geheel gewy aan skrywers wat in Kaapse Afrikaans of AfriKaaps hulle sonderlinge stories en ervarings met ons deel. Ons verwelkom Nathan Trantraal wat gesels oor sy grafiese roman, Die man wattie kinners vang, en met sy ma, Charmaine…
4 Jun 58 min