Sewe vermeende ontvoerders verskyn in Kriel-hof

Loading player...
Sewe vermeende ontvoerders het gister weer in die Kriel-landdroshof verskyn. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, het hulle verlede Maandag ‘n skoolkind ontvoer by ‘n hoërskool in Kriel deur voor te gee dat haar ma siek is en sy saam met hulle moet kom. Hulle het ‘n losprys van 200-duisend-Rand by die dogter se ma, ‘n sakevrou, geëis. Hulle is intussen in Vosloorus en Kriel gearresteer. Die saak is uitgestel tot Vrydag vir die beskuldigdes om regsverteenwoordiging te bekom.
30 Jul 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min