Vrydag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

Loading player...
GENESIS 19
Lot en sy mense word gered uit Sodom
1Die twee engele het Sodom teen die aand bereik terwyl Lot juis in die poort van Sodom sit. Toe Lot hulle sien, het hy hulle tegemoet gegaan en diep gebuig 2en gesê: “Welkom, Menere! Kom tog na my huis toe en oornag daar. Julle kan ook julle voete was. Dan kan julle môre vroeg julle reis voortsit.”
Maar hulle sê: “Nee, ons sal sommer op die plein oornag.”
3Lot het egter so by hulle aangehou dat hulle by hom ingedraai en in sy huis ingegaan het. Hy het vir hulle 'n maaltyd klaargemaak: hy het ongesuurde brood gebak, en hulle het geëet. 4Voor hulle die aand gaan slaap het, het die mans oral uit die stad uit, die mans van Sodom, oud en jonk, die hele klomp, die huis van Lot omsingel. 5Hulle het vir Lot geroep en vir hom gevra: “Waar is die mans wat vanaand na jou toe gekom het? Bring hulle uit na ons toe. Ons wil geslagsgemeenskap met hulle hê.”
6Toe het Lot na die mans van Sodom toe uitgegaan. Nadat hy die deur agter hom gesluit het, 7het hy gesê: “Nee, vriende! Moenie so 'n verkeerde ding doen nie. 8Ek het twee dogters. Hulle het nog nie gemeenskap met 'n man gehad nie. Ek sal hulle vir julle laat uitkom, doen julle dan met hulle wat julle wil. Moet net nie iets doen aan hierdie mans nie, want hulle het onder die beskerming van my dak ingekom.” 9Toe roep die mans van Sodom: “Gee pad!” En hulle sê: “Hierdie kêrel het as vreemdeling hierheen gekom, en nou wil hy regter speel. Ons sal hom nog meer kwaad aandoen as vir sy besoekers.”
Hulle het vir Lot teruggedruk en nader gekom om die deur oop te breek. 10Toe het die mans wat in sy huis was, vir Lot binnetoe getrek na hulle toe en die deur gesluit, 11en die mans buite by die deur, oud en jonk, laat blind word sodat hulle nie die deur kon kry nie.
12Die mans by Lot sê toe vir hom: “Wie van jou mense is nog hier? Skoonseuns of seuns of dogters of wie jy ook al in die stad het, vat hulle uit die plek uit! 13Ons gaan hierdie plek verdelg. Daar is 'n groot geroep by die Here oor die plek en sy mense, en Hy het ons gestuur om die plek te verdelg.”
14Lot het toe vir sy aanstaande skoonseuns gaan sê: “Kom uit hierdie plek uit, want die Here gaan hierdie stad verdelg,” maar hulle het gedink Lot maak 'n grap. 15Toe die dag begin breek, het die engele hom aangejaag en gesê: “Kom nou! Vat jou vrou en jou twee dogters wat by jou is, anders sterf jy wanneer die stad sy straf kry.”
26 Jul 2024 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

LUKAS 23 33Toe hulle by die plek kom wat Kopbeen genoem word, het hulle Hom daar saam met die misdadigers gekruisig, die een aan sy regter- en die ander een aan sy linkerkant. 34Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” Hulle het sy…
26 Aug 2AM 10 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

SPREUKE 1 1Spreuke van Salomo seun van Dawid, koning van Israel. 2Dié spreuke is bedoel om mense wysheid te leer en hulle te onderrig sodat hulle sal weet wanneer iemand verstandig praat. 3So sal hulle 'n behoorlike opvoeding ontvang en 'n sin vir regverdigheid, reg en billikheid. 4Wie nog nie…
25 Aug 2AM 10 min

Maandag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

JAKOBUS 1 17Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie. 18Omdat dit sy wil was, het God ons deur die woord van die waarheid tot die lewe gebring,…
24 Aug 2AM 10 min

Sondagaand Erediens - Past Riaan de Bruyn

1 TESSALONISENSE 5 23Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom! 24Hy sal dit ook doen, want Hy wat julle roep, is getrou…
23 Aug 1PM 16 min

Sondagoggend Erediens - Past Riaan de Bruyn

JOHANNES 5 8Jesus sê toe vir hom: “Staan op, tel jou goed op en loop.” 9Oombliklik het die man gesond geword, sy goed opgetel en geloop. Dit was 'n sabbatdag. JAKOBUS 2 17So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer…
23 Aug 3AM 16 min