Drie vasgetrek met olifanttande in Mbombela

--:--
# Drie verdagtes tussen die ouderdomme van 38 en 53 verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof vir die onwettige besit van olifanttande. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, is hulle gistermiddag by die Hall’s-vulstasie in Mbombela aangekeer na wetstoepassers gereageer het op inligting oor ‘n verdagte Toyota Hilux. Drie olifanttande is in die voertuig ontdek.
19 Jul 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Polisieman in hof wat glo vrou doodskiet

‘n 39-jarige polisiesersant verskyn vandag in die Emalahleni-landdroshof op ‘n klag dat hy sy vrou vroeg Sondagoggend in Witbank doodgeskiet het. Elsie Mothali was 37-jaar oud. Sy is na bewering verskeie kere geskiet terwyl sy bestuur het. Dit het ‘n botsing veroorsaak. Die man het homself aan die polisie oorhandig…
3 Sep 7AM 1 min

Nuwe skool vir Phumlani-leerlinge Donderdag oorhandig

Die Mpumalanga Onderwysdepartement oorhandig Donderdag amptelik die nuut-geboude Phumlani Sekondêre Skool aan leerlinge in die Bohlabela-distrik. Volgens die departement het hulle tot nou gebruik gemaak van mobiele klaskamers. Die nuwe geboue sal ook die kwessie van oorbevolking in klaskamers aanspreek. Die LUR, Cathy Dlamini, sal vergesel word deur amptenare van…
3 Sep 5AM 1 min

DA eis aksie oor toenemende verkragting

Die DA in Mpumalanga is bekommerd oor die steeds toenemende gevalle van verkragting in die provinsie. Teboho Sekaledi van die DA sê Kabokweni, Pienaar en Piet Retief tel onder die 30 polisiestasies in die land waar die meeste verkragtingsake tussen April en Junie aangemeld is – volgens die jongste misdaadstatistieke…
2 Sep 8AM 1 min

Pastoor gevonnis wat tiener meisie verkrag

Die Nasionale Vervolgingsgesag het die vonnis verwelkom van ‘n 42-jarige pastoor wat ‘n 14-jarige in 2020 in Kabokweni verkrag het. Dumisani Khumalo is Vrydag tot lewenslank gevonnis deur die Hof vir Seksuele Oortredings in Nelspruit. Volgens die woordvoerder vir die NVG in Mpumalanga, Monica Nyuswa, het Khumalo twee meisies ‘n…
2 Sep 8AM 1 min

Ondersoek na toeris hom doodval by Bourke's Luck

Die polisie het ‘n ondersoek geopen na ‘n manlike toeris Saterdagmiddag by Bourke’s Luck Potholes na sy dood geval het. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, sê hulle is om ongeveer half 4 na die toneel ontbied. Die toeriste-aanloklikheid is vir ure gesluit om die liggaam uit te haal…
2 Sep 7AM 1 min