Boekkeuse - 16 Julie 24

--:--
n hierdie propvol aflewering van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder, verwelkom ons twee ateljeegaste, A M Holder, ‘n jeugboekskrywer wat met haar debuut, Samboksalf en ‘n draaktraan, groot belofte toon, en die digter Martina Klopper wat haar tweede bundel, Kuborg, bekend stel. Ons bied vyf uiteenlopende besprekings aan van boeke wat wyd byval sal vind. Joan Hambidge bespreek Creative Arts of Practice met die digters Sally Ann Murray en Michelle Betty as redakteurs. Antoinette Coetzee bespreek die roman, Duifling, deur Lize Albertyn-du Toit, wat in die Richtersveld afspeel en waarin die taal van die Namas soos poësie lees. Elmarie Waltman bespreek Die loutering van Marion Viljoen deur Chris Marnewick wat in howe en die regswêreld afspeel. Ineke Slabbert het groot vreugde gehad aan die lees van die jeugroman, Weg, deur Nerine Alhers en Alet Steenkamp. ‘n Spanningsverhaal waarin die tema van ontvoering ook te berde kom. Whitey Basson is ‘n reus in die sakewêreld wie se naam byna sinoniem met Shoprite en Checkers is. Hadley Titus bespreek Niel Joubert se biografie, Whitey – Sakereus van Shoprite.
16 Jul Afrikaans South Africa Arts · Books

Other recent episodes

Boekeuse - 28 Augustus 24

In hierdie aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met, Amanda Botha as aanbieder: Dis vir ons 'n groot voorreg om vir Zenobia Kloppers, bekende aktrise, skrywer en sanger as ons ateljeegas te verwelkom. Sy gesels met Otto van der Walt oor Oerlied, 'n liedboek wat sy…
28 Aug 56 min

Boekkeuse - 14 Augustus 24

In hierdie aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder: ‘n Digbundel van besondere belang, Joan Hambidge bespreek Ek en jy bestaan nie deur Danie Marais. As ateljeegas, gesels Bettina Wyngaard oor haar bundel Wat sê Bettina? en sê sy weer haar sê…
14 Aug 45 min

Boekkeuse - 30 Julie 24

In hierdie aflewering van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder: Onrus op Steynshoop, jongste roman van die veel bekroonde skrywer, Ingrid Winterbach, word deur Joan Hambidge bespreek. Ons verwelkom twee ateljeegaste, die digter en dramaturg, Pieter Odendaal, en die literator en akademikus, prof…
30 Jul 56 min

Boekkeuse - 02 Julie 24

In hierdie aflewering van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder, verwelkom ons drie ateljeegaste en bespreek drie boeke met uiteenlopende temas. Medewerker en kollega, Riette Rust, praat, as skrywer, oor haar eie boek, Die geskenk. Anschen Conradie is Riette Rust se ateljeegas en…
2 Jul 57 min

Boekkeuse - 04 Junie 2024

Hierdie aanbieding van Boekkeuse onder regie van Amanda Botha, is in sy geheel gewy aan skrywers wat in Kaapse Afrikaans of AfriKaaps hulle sonderlinge stories en ervarings met ons deel. Ons verwelkom Nathan Trantraal wat gesels oor sy grafiese roman, Die man wattie kinners vang, en met sy ma, Charmaine…
4 Jun 58 min