Sondagoggend Erediens - Past Riaan de Bruyn

Loading player...
GALASIËRS 5

22Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid,

SPREUKE 25

28'n Stad sonder 'n muur om hom te beskerm,
so weerloos is 'n mens as hy nie selfbeheersing het nie.

TITUS 1

8Hy moet gasvry wees, lief vir wat goed is, verstandig, regverdig, vroom en selfbeheers.

HEBREËRS 12

Die oog moet op Jesus gevestig wees
1Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.
21 Jul 2024 3AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagaand Erediens - Ds Johan Marais

ROMEINE 12 Toewyding aan God. Ootmoed en getrouheid in die gebruik van sy gawes. 1EK vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer — dit is julle redelike godsdiens. 2En word nie aan hierdie wêreld…
15 Jun 1PM 24 min

Sondagoggend Erediens - Ds Johan Marais

ROMEINE 8 Oorwinningslied: God vír ons — wie sal teen ons wees? 31WAT sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees? 32Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy…
15 Jun 3AM 23 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Johan Marais

ROMEINE 8 Die eerstelinge van die Gees. 18WANT ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. 19Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God. 20Want die skepping is aan die…
14 Jun 2AM 19 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Johan Marais

ROMEINE 8 Die nuwe lewe onder die genade. Die Gees van heiligheid en aanneming as kinders. 1DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. 2Want die wet van die Gees van…
13 Jun 2AM 12 min