DA vra dat provinsie plan maak met toilet-tekort

Loading player...
Die DA is ontsteld dat meer as 17-duisend huishoudings in Mpumalanga steeds die emmertoiletstelsel gebruik. Volgens die 2022-sensusverslag wat in Junie deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is, het 'n verdere 24-duisend huishoudings glad nie toegang tot toilette nie. James Masango, die DA se woordvoerder vir Menslike Nedersettings, sê Mkhondo-, Nkomazi-, Bosbokrand- en Dr. Pixley Ka Isaka Seme is die munisipaliteite met die hoogste persentasie huishoudings sonder toegang tot toiletgeriewe.
18 Jul 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min