Sondagoggend Erediens - Ds Johan Marais

Loading player...
DIE OPENBARING 4
God sit op die troon
1Hierna het ek, Johannes, in die hemel 'n deur gesien wat oopgemaak is, en die stem, soos die geluid van 'n trompet, wat ek die eerste keer met my hoor praat het, het gesê: “Kom op hierheen, en Ek sal vir jou wys wat hierna moet gebeur.”
2Onmiddellik is ek deur die Gees meegevoer. Ek het gesien daar staan 'n troon in die hemel en op die troon sit daar Iemand. 3Sy voorkoms was soos opaal en karneool. Om die troon was daar 'n reënboog met die glans van smarag. 4Reg rondom die troon was daar vier en twintig ander trone, en op die trone het daar vier en twintig ouderlinge gesit. Hulle het wit klere aangehad, en op hulle koppe was daar goue krone.

DIE OPENBARING 5
Die Lam is waardig om die boek oop te maak
1In die regterhand van Hom wat op die troon sit, het ek 'n boekrol gesien wat aan die voor- en aan die agterkant vol geskrywe was en wat met sewe seëls goed verseël was. 2Toe het ek 'n sterk engel gesien wat met 'n harde stem uitroep: “Wie is waardig om die boek oop te maak deur die seëls daarvan te breek?”
3Maar niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde was in staat om die boek oop te maak en daarin te kyk nie.
14 Jul 2024 3AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Saterdag Oggenddiens - Ds Johan Marais

1 PETRUS 3 14Maar selfs as julle sou ly omdat julle doen wat reg is, moet julle dit as 'n voorreg beskou. Moenie vir mense bang wees of julle laat afskrik nie. 15In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om 'n…
6 Dec 1AM 16 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Johan Marais

1 SAMUEL 17 34Toe sê Dawid vir Saul: “As ek die kleinvee vir my pa oppas, en daar kom 'n leeu of 'n beer en dra 'n lam weg uit die kudde,
5 Dec 1AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Johan Marais

PSALMS 46 11Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde. 12Die Here, die Almagtige, is by ons, die God van Jakob is vir ons 'n beskutting. Sela 1 TESSALONISENSE 4 Die opstanding uit die dood 13Ons wil hê, broers, dat julle nie onkundig…
3 Dec 1AM 10 min