Vrystaat Kunstefees - Debuut produksie 'Die waarheid oor duiwe' al die pad van Australië

Loading player...
'die waarheid oor duiwe' is ‘n intieme musiekproduksie vir een vrouestem, ondersteun deur ‘n klavier en ‘n dwarsfluit. Die poësie van die bekroonde digter, Gisela Ullyatt, kry vlerke deur swewende melodieë, nostalgiese, gesproke teks en treffende visuele komponente. Iewers tussen klassieke en kontemporêre musiek vind elke gehoorlid ‘n raakpunt tydens dié aangrypende, eiesoortige Suid-Afrikaanse vertoning.
Karien Jordaan en Marli van der Bijl sluit aan by Yolanda Maartens in die OFM Kunsteklop om meer te vertel oor die besonderse debuut produksie. Kaartjies by Webtickets.
2 Jul 2024 English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

70ste bestaansjaar van NWU PUK-Koor word met sang en geselligheid gevier

’n Naweek van nostalgie, samesyn en inspirerende koormusiek wag wanneer die NWU PUK-Koor einde vanjaar sy 70ste bestaansjaar vier. Die reünie van 20 tot 23 November op die Potchefstroomkampus gaan die kersie op die koek wees van ’n opwindende jaar, sê Kobus Venter, koordirigent. Hy sluit by Yolanda Maartens aan…
16 Apr 3 min

Nostalgie met André Schwartz se ‘Gesigte’ tydens Clarens Kunstefees

Kan jy die eerste gesig onthou wat jy gewaar het ...vasgevang in tyd, geheue en onveranderlik? Natuurlik nie. André Schwartz kuier heerlik in die OFM Kunsteklop saam met Yolanda Maartens om te vertel oor sy produksie by vanjaar se Clarens kunstefees wat plaasvind vanaf 1 – 4 Mei 2025. Kaartjies…
14 Apr 4 min

Viool en klavier sorg vir romantiese liedere op Odeion verhoog

Op 24 April bied die Odeion in Bloemfontein ‘Timeless Romantic Songs’ aan met Piet Koornhof op viool en Nicol Viljoen op klavier. Hierdie konsert bestaan uit 'n keur van tydlose romantiese liedjies wat vir viool en klavier verwerk is. Die gesofistikeerde keuse sluit romantiese melodieë in wat wissel van nostalgies…
7 Apr 4 min

Hannalie Taute solo-uitstalling: ‘n hergeboorte van nostalgie

Oliewenhuis Kunsmuseum in Bloemfontein, bied met trots “Euphoria … in sy Gloria”, Hannalie Taute se 21ste solo-uitstalling, aan. Die 19 multi-media kunswerke beeld haar herstiksel van historiese narratiewe uit tot 'n fantastiese nuwe hergeboorte van die sprokiestroumitologie. Die uitstalling is 'n viering van tye wat kom en het ten doel…
2 Apr 4 min