Selfliefde

--:--
Selfliefde word dikwels verwar met ‘n ongesonde liefde vir jouself, soos selfsug, hebsug, ydelheid, verwaandheid, egotisme of narcissime. Gesonde selfliefde is baie nodig vir ons bestaan, voortbestaan, gesonde konflikhantering, ens. Dis ‘n basiese menslike noodsaaklikheid om na jouself om te sien, jouself te respekteer, jou naaste lief te he soos jouself, soos ons in die Bybel lees.

Gesonde selfliefde kring uit en wanneer jy dit leef, beoefen, is jy ‘n inspirasie vir almal om jou.

Voordat ons hieroor mediteer, fokus op die sewe gedagtes hoe om in jou daaglikse handel en wandel by selfliefde uit te kom:

1. Wees bewus van jou unieke menswees
2. Vermy negatiewe self-talk, negatiewe gedagtes jeens jouself
3. Wees sag met jouself
4. Focus om te groei as person
5. Se nee en stel grense
6. Beoefen daagliks selfsorg
7. Vier jou prestasies
2 Jul Afrikaans South Africa Alternative Health · Self-Improvement

Other recent episodes

Oorvloed

Wat is oorvloed? DIT IS WANNEER JY GENOEG HET. Absoluut geen gebrek. Genoeg om te kan uitdeel sonder om te dink dit sal opraak. Oorvloed kan baie vorme aanneem, byvoorbeeld in lewensmiddele soos geld of goed, kos in jou koskas, maar ook deur ‘n verrykte gees, waarmee jy liefde, geduld…
2 Jul 18 min

Sukses

Die meeste mense werk en woeker in die lewe. Nie om dowe neute nie, maar om iets te bereik. Meestal sukses. En die redes daarvoor is legio, maar hoofsaaklik wil mens ‘n verskil maak. Tydens hierdie meditasie kan jy jou talente, sterkpunte en vaardighede herontdek, want dit alles is alreeds…
2 Jul 11 min

Fokus en Helderheid in die oomblik

Ons is bevoorreg om in hierdie tye te weet dat, as ons gedagtes gefokus is, ons beter werk en presteer. Die wete dat elkeen van ons ‘n doel het in die lewe, geld as inspirasie om daagliks die beste na te streef. Hierdie meditasie is uiters eenvoudig, maar leer dit…
2 Jul 2 min

Om te laat gaan

Leegmaak. Ons kry seer, omdat ons diep binne onsself weet wie ons is maar dit verloen. Rumi het geleef in die 13de eeu en hy het gese: You wander from room to room hunting for the diamond necklace that is already around your neck. Daar is geen maklike manier om…
2 Jul 5 min

Paas-Sondag 2024

JOU EIE PAASNAWEEK-RETREAT Vier saam met Afrikaans.Radio en Siel ‘n naweek wat jou weer lewendig laat voel, waarin ons vrede en gelykmatigheid nastreef in meditasies en vooraf-inleidings. Of jy nou al lankal mediteer of hierdie naweek vir die eerste keer probeer, welkom! Ons nooi jou om die huidige oomblik te…
31 Mar 22 min