Siel

Afrikaanse Meditasies deur Greta van Rensburg. Die Meditasies is nie gekoppel aan enige geloof en is nie indringend nie.

Kom ontspan en luister saam, net op Afrikaans.Radio.
Occasionally Afrikaans South Africa Alternative Health · Self-Improvement
14 Episodes

Fokus en Helderheid in die oomblik

Ons is bevoorreg om in hierdie tye te weet dat, as ons gedagtes gefokus is, ons beter werk en presteer. Die wete dat elkeen van ons ‘n doel het in die lewe, geld as inspirasie om daagliks die beste na te streef. Hierdie meditasie is uiters eenvoudig, maar leer dit…
2 Jul 2 min

Sukses

Die meeste mense werk en woeker in die lewe. Nie om dowe neute nie, maar om iets te bereik. Meestal sukses. En die redes daarvoor is legio, maar hoofsaaklik wil mens ‘n verskil maak. Tydens hierdie meditasie kan jy jou talente, sterkpunte en vaardighede herontdek, want dit alles is alreeds…
2 Jul 11 min

Oorvloed

Wat is oorvloed? DIT IS WANNEER JY GENOEG HET. Absoluut geen gebrek. Genoeg om te kan uitdeel sonder om te dink dit sal opraak. Oorvloed kan baie vorme aanneem, byvoorbeeld in lewensmiddele soos geld of goed, kos in jou koskas, maar ook deur ‘n verrykte gees, waarmee jy liefde, geduld…
2 Jul 18 min

Selfliefde

Selfliefde word dikwels verwar met ‘n ongesonde liefde vir jouself, soos selfsug, hebsug, ydelheid, verwaandheid, egotisme of narcissime. Gesonde selfliefde is baie nodig vir ons bestaan, voortbestaan, gesonde konflikhantering, ens. Dis ‘n basiese menslike noodsaaklikheid om na jouself om te sien, jouself te respekteer, jou naaste lief te he soos…
2 Jul 11 min

Om te laat gaan

Leegmaak. Ons kry seer, omdat ons diep binne onsself weet wie ons is maar dit verloen. Rumi het geleef in die 13de eeu en hy het gese: You wander from room to room hunting for the diamond necklace that is already around your neck. Daar is geen maklike manier om…
2 Jul 5 min

Paas-Sondag 2024

JOU EIE PAASNAWEEK-RETREAT Vier saam met Afrikaans.Radio en Siel ‘n naweek wat jou weer lewendig laat voel, waarin ons vrede en gelykmatigheid nastreef in meditasies en vooraf-inleidings. Of jy nou al lankal mediteer of hierdie naweek vir die eerste keer probeer, welkom! Ons nooi jou om die huidige oomblik te…
31 Mar 22 min

Paas-Saterdag 2024

JOU EIE PAASNAWEEK-RETREAT Vier saam met Afrikaans.Radio en Siel ‘n naweek wat jou weer lewendig laat voel, waarin ons vrede en gelykmatigheid nastreef in meditasies en vooraf-inleidings. Of jy nou al lankal mediteer of hierdie naweek vir die eerste keer probeer, welkom! Ons nooi jou om die huidige oomblik te…
30 Mar 13 min

Paas-Vrydag 2024

JOU EIE PAASNAWEEK-RETREAT Vier saam met Afrikaans.Radio en Siel ‘n naweek wat jou weer lewendig laat voel, waarin ons vrede en gelykmatigheid nastreef in meditasies en vooraf-inleidings. Of jy nou al lankal mediteer of hierdie naweek vir die eerste keer probeer, welkom! Ons nooi jou om die huidige oomblik te…
29 Mar 36 min

Stap saam met my in ‘n Woud…

Waarom sal mens ‘n woud-meditasie doen? Die natuur het ‘n kalmerende ivloed op jou en hierdie meditasie help om spanning te verlaag. Soos wanneer jy diep in ‘n woud gaan sit en na geluide van voëls en die ritsel van blare tussen die bome luister… Jy voel beskermd. Ons raak…
27 Aug 2023 10 min

Om my Aandag te Vernou en te Vernuwe

As jy jou aandag fokus, letterlik vernou, vernuwe dit jou denke, dit is aandagsvernuwing. Jy kyk letterlik met nuwe oë na die lewe. Onthou jy, toe ons kindertjies was, het ons op die grond gelê en na die wolke gekyk soos dit beweeg. Na so ‘n sessie voel mens sommer…
13 Aug 2023 6 min

My Hande

Hierdie is ‘n meditasie om jou hande te waardeer en te eer. Ons gaan dieper kyk na alles wat jou hande vir jou beteken, al aangeraak en vermag het. As mense neem ons, ons hande as vanselfsprekend maar jou hande maak kennis en ontdek die wêreld. Jou hande net soos…
28 May 2023 12 min

Ek Is - Ewig

Neem ‘n blaaskans. Hierdie is ‘n baie kort meditasie waarin jy letterlik gelei word om ‘n blaaskans te neem, in jou asemhaling, jou gedagtes, jou wese. Wanneer stilword en pouses tussen dagtake ‘n gewoonte word, word ‘n mens kalm, begin jy die lewe in perspektief ervaar en gee jy jouself…
8 May 2023 4 min

Ek Is - Outentiek Ek

Hierdie is ‘n meditasie om die pad te stap terug na jou outentieke self. Ons gaan dieper kyk na sensasies en behoeftes in jou hart, kyk of ons jou hartsbegeertes kan ontdek. As mense is ons mees kragtige emosie, liefde. Alle ander emosies soos geluk, hartseer, jaloesie is net komponente…
8 May 2023 18 min

Ek Is - Oorwinning

Hierdie meditasie gaan jou help om ‘n lewe van OORWINNING te leef, jou help om die lig wat binne jou is, helder te laat skyn. Ons gaan daaraan werk om hart, siel en verstand te verbind, met kragtige "Ek is" – bevestigings.
4 May 2023 8 min