Maandag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

Loading player...
PSALMS 23
Die Here is my herder
1'n Psalm van Dawid.
Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.
2Hy laat my rus in groen weivelde.
Hy bring my by waters waar daar vrede is.
3Hy gee my nuwe krag.
Hy lei my op die regte paaie
tot die eer van sy Naam.
4Selfs al gaan ek deur donker dieptes,
sal ek nie bang wees nie,
want U is by my.
In u hande is ek veilig.
5U laat my by 'n feesmaal aansit,
terwyl my teëstanders moet toekyk.
U ontvang my soos 'n eregas,
ek word oorlaai met hartlikheid.
6U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly
en ek sal tuis wees in die huis van die Here
tot in lengte van dae.
1 Jul 2024 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Past Neville Goodchild

HÁBAKUK 3 17Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie —
10 Feb 1AM 14 min

Sondagaand Erediens - Dr Enrico Casaleggio

JOHANNES 17 20Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo — 21 dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld…
9 Feb 12PM 19 min

Sondagoggend Erediens - Dr Enrico Casaleggio

JOHANNES 17 25Regverdige Vader, al het die wêreld U nie geken nie, tog het Ek U geken, en hulle hier het erken dat U My gestuur het. 26En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in…
9 Feb 2AM 21 min

Saterdag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

JOHANNES 17 18 Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur. 19En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees. ROMEINE 15 Apostelskap en planne van Paulus. 14MAAR ek self ook, my broeders, is oortuig aangaande julle,…
8 Feb 1AM 19 min

Vrydag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

JOHANNES 17 Die gebed van Jesus vir sy dissipels. 1DIT het Jesus gespreek, en Hy het sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik — 2 soos U Hom mag oor alle vlees gegee het,…
7 Feb 1AM 13 min