Valk aangekeer weens beweerde betalings van renosterstroping-sindikaat

Loading player...
‘n Sersant in die Valke het gister in die Nelspruit-streekshof verskyn op aanklagte van korrupsie, bedrog en regsverydeling. Volgens die Valke het die 47-jarige Kgaugelo Aubrey Mogale, ‘n lid van die ondersoekspan na Projek “Blood Orange”’, 6-duisend-Rand in betalings ontvang vanaf een van die beskuldigdes. “Blood Orange” ondersoek beweerde betalings wat ‘n renoster-stroping-sindikaat aan veldwagters in die Krugerwildtuin gemaak het, in ruil vir inligting. Die betalings is tydens ‘n ondersoek deur ‘n ouditeursfirma aan die lig gebring. Mogale is borgtog van een-duisend-Rand toegestaan. Die saak is uitgestel tot 27 Junie. Die woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi:
5 Jun 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min