Boekkeuse - 04 Junie 2024

--:--
Hierdie aanbieding van Boekkeuse onder regie van Amanda Botha, is in sy geheel gewy aan skrywers wat in Kaapse Afrikaans of AfriKaaps hulle sonderlinge stories en ervarings met ons deel. Ons verwelkom Nathan Trantraal wat gesels oor sy grafiese roman, Die man wattie kinners vang, en met sy ma, Charmaine Africa, wat debuteer met haar memoire, Amma, herinneringe aan haar moeder en kinderdae. Ons praat ook met digter Ronelda Kamfer, wat onlangs na ‘n drie maande verblyf in Amsterdam, gesels oor die vertaling van haar roman, Kompoun, in Nederlands. Ons gesels ook met Gaireyah Fredericks, wat debuteer met haar bundel, Een voet innie kabr, ‘n belangrike debuut in Moslem-Afrikaans oor die lief en leed van gewone Moslems. Hierby voeg ons Antoinette Coetzee se bespreking van Bettina Wyngaard se roman, Die loutering van Grietjie.
4 Jun Afrikaans South Africa Arts · Books

Other recent episodes

Boekeuse - 28 Augustus 24

In hierdie aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met, Amanda Botha as aanbieder: Dis vir ons 'n groot voorreg om vir Zenobia Kloppers, bekende aktrise, skrywer en sanger as ons ateljeegas te verwelkom. Sy gesels met Otto van der Walt oor Oerlied, 'n liedboek wat sy…
28 Aug 56 min

Boekkeuse - 14 Augustus 24

In hierdie aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder: ‘n Digbundel van besondere belang, Joan Hambidge bespreek Ek en jy bestaan nie deur Danie Marais. As ateljeegas, gesels Bettina Wyngaard oor haar bundel Wat sê Bettina? en sê sy weer haar sê…
14 Aug 45 min

Boekkeuse - 30 Julie 24

In hierdie aflewering van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder: Onrus op Steynshoop, jongste roman van die veel bekroonde skrywer, Ingrid Winterbach, word deur Joan Hambidge bespreek. Ons verwelkom twee ateljeegaste, die digter en dramaturg, Pieter Odendaal, en die literator en akademikus, prof…
30 Jul 56 min

Boekkeuse - 16 Julie 24

n hierdie propvol aflewering van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder, verwelkom ons twee ateljeegaste, A M Holder, ‘n jeugboekskrywer wat met haar debuut, Samboksalf en ‘n draaktraan, groot belofte toon, en die digter Martina Klopper wat haar tweede bundel, Kuborg, bekend stel…
16 Jul 55 min

Boekkeuse - 02 Julie 24

In hierdie aflewering van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder, verwelkom ons drie ateljeegaste en bespreek drie boeke met uiteenlopende temas. Medewerker en kollega, Riette Rust, praat, as skrywer, oor haar eie boek, Die geskenk. Anschen Conradie is Riette Rust se ateljeegas en…
2 Jul 57 min