Pumas soek weer beker-oorwinning in Griekwas se agterplaas

Loading player...
Die Airlink Pumas takel die Suzuki Griekwas môre in die eindstryd van die SA Beker. Die Griekwas is onoorwonne in dié nuwe kompetisie, en is die enigste span wat die ewe indrukwekkende Pumas tydens die rondomtalie-fase kon wen. Die pienktruie het egter drie van hul laaste vyf kragmetings teen die Griekwas gewen – insluitend die Curriebeker-finaal van 2022 wat ook in Kimberley beslis is. Saterdag se wedstryd vind in Kimberley plaas, en word op SuperSport uitgesaai. Die afskop is om half 1.
24 May 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min