DA verkla ANC oor geweldadige gedrag in Steve Tshwete

Loading player...
Die DA sê dit het die norm geword vir ANC-lede om raadsvergaderings van Steve Tshwete-munisipaliteit te ontwrig. In die jongste voorval het raadslede Vrydag met geweldadige gedrag ‘n vergadering ontwrig waartydens ‘n mosie van wantroue in die burgemeester, Petros Masilela, gehoor sou word. Die DA-hoofsweep, Palesa Mobango, sê lede het probeer om die Speaker aan te rand. Die party gaan ‘n amptelike klagte teen die ANC indien by die Seksie 79-komitee. Mobango moedig die Speaker aan om kriminele klagte te lê.
23 May 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min