Stonehouse: Boland nie so maklik om te wen nie

Loading player...
Die Airlink Pumas en Boland Kavaliers sê mekaar vanaand in Mbombela die stryd aan in die SA Beker. Die Pumas moes verlede week teen die Griekwas in Kimberley die knie buig, maar staan steeds ‘n goeie kans om teen hulle in die eindstryd te staan te kom. Dit is die Griffons wat in die pienktruie se nekke plaas, met 30 punte op die punteleer, teenoor Jimmy Stonehouse se span se 31. Afskop by Mbombela-stadion is 7-uur. Volgende week is hoeka die finale wedstryde van die rondomtalie - teen die Griffons in Mbombela.
10 May 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min